News

A collection of restaurant related news from all over South Africa

Kuier in Calitzdorp 21-24 September en loer in by Gielie se poging om die Guinness Wêreld Rekord se rekord vir die langste braai te verbeter!

10 August 2023

Hulle sê as dit op Facebook is, dan is dit waar.

Nou is dit op ‘n foto én op Facebook! So dan is dit BAIE waar!!!

Kom kuier in Calitzdorp 21-24 September en kom loer in by Gielie se poging om die Guinness Wêreld Rekord se rekord vir die langste braai te verbeter.

Wat gaan gebeur? Gielie sit die vleis 21 September om 06h00 op die rooster en dan gaan hy braai en braai en braai en braai en? Ja! Jy het reg geraai! Hy gaan nog steeds braai tot Sondag 18h00.

Waar: Zamani Grill – Calitzdorp

Wanneer: Donderdag 21 September stiptelik vanaf 06h00 tot Sondag 24 September 18h00. Dit is 84-ure net vir braai!!!

Wie is welkom? Almal!

Is daar musiek? Is Zamani Grill die tuiste van “Die Kleinste Kroegie op die Langste Wynroete in die Wêreld??! Natuurlik is daar musiek!

  • Donderdagaand sing Annarie 17h00 – 21h00
  • Vrydagaand sing Liezl Fynbos 17h00 – 21h00.
  • Saterdag sing Marisca Rain 11h00 – 17h00 en dan gaan The Thunder haar join vir ‘n lekker show 18h00 – 21h00.
  • Sondag sing Daan-Louis 11h00 – die GWR ordentlik gebreek is.

Waarom gaan dit gebeur?

Want jý soek ‘n rede om Calitzdorp toe te kom en ‘n beter rede gaan jy nie vinnig kry nie, behalwe as jy kom om by ons wynplase te kom kuier, of die Wyn Treintjie – Calitzdorp te kom ry terwyl jy wyn proe tussen die wynkelders, of net kom “chill” in ons rustige dorpie met die vars lug van die Klein Karoo, of by “Die Kleinste Kroegie op die Langste Wynroete in die Wêreld” die lewe te geniet, of om by Porto Bru in te loer, of om by die geskiedkundige The Station aan te klop, of om by die karaktervolle Die Bosvarkie varkie ‘n draai te maak, of net kom bicycle skop op ons skilderagtige grondpaaie!!!

Zamani Grill - Calitzdorp

Zamani Grill - Calitzdorp

Calitzdorp, Western Cape Country, Grills, Light Meals, Pizza, South African, Traditional, Vegetarian, Wine bar

An intimate Klein Karoo restaurant with a big heart  - Home to the “Smallest Bar on Route 62”!  The restaurant seats 12 inside and the courtyard seats 36 people outside.  ...